RUITER IN SWART REEKS
Kort op die Marc Condor reeks se hakke het die “Ruiter in Swart” reeks gevolg. Suid-Afrika het soos die res van die wêreld ook baie gehou van hulle “cowboy” verhale. Interessant is dat heelwat storieverhaal reekse, wat handel oor die “cowboy era” reeds in die vyftiger en sestiger jare verskyn het en toe al baie goed verkoop het. So het die Ruiter in Swart sy verskyning gemaak en een van die langs lopende en suksesvolste reekse geword. Teen die einde van die era het die boekies in A4 formaat in volkleur verskyn. Dit is ’n uiters skaars en gesogte versamelaars item vandag.
Die reeks is waarskynlik vaagweg geskoei op die Gemaskerde Ruiter wat as onbekende geregsdienaar wet en orde in die woeste weste van Amerika moes handhaaf. In hierdie geval egter was dit die Transvaalse goudvelde en die woeste Laeveld.
Die man in swart was net as Ben bekend. Ek verstaan dat hy in sommige boekies as Ben Brandt geïdentifiseer was. Hy was ’n ZARP man. Met ander woorde, ’n lid van die ou Transvaalse of Zuid-Afrikaanse polisiemag.
Hy was ook ’n persoonlike vriend van ou President Kruger.
Die ruiter was in swart geklee van kop tot tone en het twee rewolwers aan weerskante van sy sye gedra. Die kolwe was na vore gerig vir die sogenaamde “crossdraw.” Dit was as ’n kenmerk van ’n snelskut beskou. Hy was ook knap met die vuiste en daar was minstens een vuisgeveg in elke boekie. In die gebruiklike finale skietgeveg het hy gewoonlik sy teenstanders uitgeroei.
Ben het ook ’n swart perd gehad met naam Satan. Hy is soms in die kleur voorblaaie ook op ’n bruin perd gesien. Om die waarheid te sê, op die meeste kleurblaaie het hy op ’n bruin perd gery. Kom ons noem dit maar ’n donker perd. ’n Perde kenner sal seker beter weet.
In uitgawe 382 verskyn daar ’n swart wolfhond saam met hom op die toneel. Ek het nie ’n boekie met ’n naam van die hond nie. Miskien kan ’n ander versamelaar dalk hier help.
Die rol is tot aan die einde vertolk deur Danie van Rensburg - wat die akteur naam van Vonk de Ridder gehad het. Hy het as Vonk de Ridder ook in ’n paar Afrikaanse “cowboy” flieks opgetree. Die fliek, “Voor sononder” saam met Dawid van der Walt is een van die wat ek goed kan onthou. Dieselfde fliek het ook as strokiesprent in die tydskrif “Brandwag” verskyn.
Ben is die snelskut wat knap is met sy rewolwers maar het ook in die proses sy kwota wonde opgedoen. Sy teenstanders was geharde en wrede rampokkers van sy tyd. Daar was plaas rowers, veediewe, struikrowers, moordenaars en swendelaars van alle soorte.
Kyk gerus ook na die Ruiter in Swart by Potpouri om meer van die verhale te wete te kom.
Tans is Ruiter in Swart die enigste wat ’n webwerf onderhou. Ten tye van die skrywe was dit nog onder konstruksie. Google dit gerus as jy meer inligting wil bekom. Ek verstaan van ’n versamelaar dat daar tans ook DVD’s beskikbaar is, wat van die oorspronklike gerestoureerde fotoverhale bevat. Kyk gerus ook na die uitbreiding van hulle webwerf, (deur Koos Papenfus).
354. Ruiter in Swart - Soos aasvoëls is hulle 372. Ruiter in Swart - Sy laaste rooftog
376. Ruiter in Swart - Vorentoe wag die galg 377. Ruiter in Swart - Toegang verbode
378. Ruiter in Swart - Verraad in sy hart 379. Ruiter in Swart - Bloedvlek in die veld
380. Ruiter in Swart - Vir hom 'n laaste drankie 382. Ruiter in Swart - Kinders van onrus
384. Ruiter in Swart - Spin maar jou web... 385. Ruiter in Swart - Een pad... galg toe
387. Ruiter in Swart - Vroue is sy prooi 388. Ruiter in Swart - Met bloed betaal
389. Ruiter in Swart - Vir jou, ons vriend 390. Ruiter in Swart - Hoonlag uit die bosse
391. Ruiter in Swart - Stiefbroers 392. Ruiter in Swart - Vergenoeg gevlug
395. Ruiter in Swart - Giftig is haar haat 396. Ruiter in Swart - Moeder van my seun
397. Ruiter in Swart - Goud is die lokaas 398. Ruiter in Swart - Dan vra jy nog genade
400. Ruiter in Swart - Grynslag van haat 401. Ruiter in Swart - Vir hom die vlugpad
402. Ruiter in Swart - Berg van vrees 403. Ruiter in Swart - Wat doen julle, my seuns
405. Ruiter in Swart - 'n Koeël sal beslis 407. Ruiter in Swart - Die dood loop saam
409. Ruiter in Swart - Tot tussen die wolwe 410. Ruiter in Swart - Die verlore seun
411. Ruiter in Swart - Groet dan jou baas 412. Ruiter in Swart - Net geweld vorentoe
413. Ruiter in Swart - Bloed aan die roofgeld 414. Ruiter in Swart - Ontsnap... as jy kan
416. Ruiter in Swart - Die sambok as getuie 417. Ruiter in Swart - Man van geweld
418. Ruiter in Swart - Bloedspoor na die grens 419. Ruiter in Swart - Erger as moord
420. Ruiter in Swart - Pad van die lafaard 423. Ruiter in Swart - Ruiter in swart
424. Ruiter in Swart - Vra dan nie genade 425. Ruiter in Swart - Tot hiertoe, moordenaar
426. Ruiter in Swart - Geheim van 'n vlak graf 427. Ruiter in Swart - Dooies praat nie
428. Ruiter in Swart - Jy moet sterf, my broer 429. Ruiter in Swart - Vernedering bring die haat
430. Ruiter in Swart - Die dood speel sy troef 431. Ruiter in Swart - Vaarwel, blonde feeks
432. Ruiter in Swart - Te laat vir genade 434. Ruiter in Swart - Getuienis van 'n kluisenaar
446. Ruiter in Swart - Want ek sal jou laat boet 447. Ruiter in Swart - Dan liewer die duisternis
472. Ruiter in Swart - Die dood wag op drie 473. Ruiter in Swart - 'n Monster agter sy glimlag
474. Ruiter in Swart - Maar hulle is indringers 475. Ruiter in Swart - Die dorp van geweld
476. Ruiter in Swart - 'n Nes van adders